weeklikse Bybeltyd saam met worship
een-tot-een onderrig
deeglike kommunikasie
weekprogram
baie buitespel
middagprogram
My hart is dat elke kleuter wat kaalvoet met hulle sakkies op hulle rug deur Duifies Kleuterskool se hek stap, weet dat hulle net kan wees, dat hulle geliefd, veilig en spesiaal is. Hier moet hulle lag, laf wees, speel, vuil word en tussendeur leer in ‘n vriendelike en ontspanne atmosfeer! Ons ken elke kleuter se naam!
Duifies het topklasfasiliteite, uitsonderlike sekuriteit, gekwalifiseerde en liefdevolle onderwyseresse, opgeleide assistente, breedvoerige leerprogram, ruim goed toegeruste klaskamers, ‘n wonderlike speelterrein, groentetuin, terapeute en selfs ‘n haarkapper. Dit is hier waar die belangrikste eerste 1000 dae van jou kind se lewe en drome begin!
Kan nie wag dat julle deel word van ons familie nie!
Droom groot klein kind
Jy sal my nie sommer sonder groot oorbelle vang nie. My gunsteling kleur is pienk en ek het vir baie lank perd gery en skou gespring.
Ek het ‘n passie vir kindertjies. Dis ‘n voorreg om my passie te kan uitleef en ‘n inpak te maak op elke liewe kindjie se lewe. My gesin en familie is vir my baie kosbaar en ek maak tyd om saam te kuier en pret te hê.
Ek is ‘n groot natuurliefhebber en vind myself graag in die tuin. Ek is passievol oor die opvoeding van kinders.
Ek het my lewe lank ‘n passie vir kinders. Ek is baie familievas en het onlangs vir die eerste keer ouma geword. Ek hou van kreatiwiteit, van hekel en naaldwerk tot by verjaarsdagkoeke bak.
My hart is gelukkig wanneer ek op die plaas is en ek my heel gunsteling blom is ‘n protea.
Ek is ‘n entoesiastiese mens met ‘n groot omgee hart vir kinders en mense. Ek is ‘n mamma van ‘n 3jarige seuntjie. Hy herinner my daaglikse waaroor die lewe regtig gaan.
Familie is vir my absoluut alles in die lewe. Ek is mal oor kosmaak en luister graag na klassieke musiek.
© 2025 Duifies